D i e D u v e n h a g e s
i n S w i t s e r l a n d


Maak 'n draai by ons virtual sitkamer.
Familie en Vriende
Hier is die "obligatory" links blad. Daar is links na sites wat ek interessant vind en/of gereeld besoek.
Humor, funnies, jokes, prentjies, whatever
E-mail

Drie Jaar? Kan dit wees?

Dis al amper 3 jaar wat ons in Switserland is. Om die waarheid te se, op Moedersdag, 9 Mei 2004, vier ons ons derde jaar hier. (Ek sal die normale opmerkings oor "How time flies", ens los. :) Dit was definitief drie interessante jare. Baie nuwe dinge geleer (maar nog nie genoeg Duits nie). 'n Paar nuwe dinge gedoen. Agtergekom dat dit 'n groot schlep is om visums vir EU-lande te kry. Gesien hoe Mieke en Naudé groot word. Nice nuwe kar gekry :). In die sneeu gebaljaar. Vir die eerste keer gesnowboard! Agtergekom dat dit nie lekker is om in die sneeu te bestuur nie... Geleer dat Switsers eintlik nes alle ander mense is - uniek. :) Sommige is aangenaam en vriendelik. Ander is verstok.

En werk is werk. Of jy in die Kaap, Kairo of Bern sit maak bitter min verskil.

Die Switsers het 'n spreuk wat lui "April, April, hy maak soos hy wil". (Dis nou die Duvenhage-vertaling.) April se weer is heeltemal onvoorspelbaar. Ons het son, reën, wind en sneeu gehad. Hoë en laë temperature. Alles normaal. Maar blykbaar het April nog 'n trick in sy mou hierdie jaar, want in plaas daarvan dat dit nou 6 Mei is, is dit 36 April. Dis nou as mens aan die weer meet. Die afgelope paar dae was koud en nat en daar was selfs sneeu in die suide. Go figure. Ons kon nog net twee keer braai hierdie jaar. Maar dit sal ook verander.

Anyway, hier is ons site. Daar is fotos van waar ons bly, waar ons was, wie by ons gekuier het en so aan. Min woorde ("A picture is worth..."). Blaai rond. En stuur vir ons email. Kliek op die name links om 'n mail te stuur.

Enjoy.