D | i | e | D | u | v | e | n | h | a | g | e | s | |||
i | n | S | w | i | t | s | e | r | l | a | n | d |
'n Paar Interessante Links |
|||||
![]() Hier kan jy allerhande inligting oor die Simpsons kry, o.a. die volledige teks van amper al die episodes met kommentaar, animasiefoute en spekulasie oor allerhande vrae ("Waar is Springfield nou eintlik?", "Is Smithers gay?" (Wel, almal ken die antwoord op daai vraag, maar die getuienis bly interessant.)) |
![]() Hierdie site het 'n ongelooflike klomp inligting oor musiek. Jy kry weliswaar nie alles daar nie, maar as jy meer wil weet oor Bob Dylan, Bob Marley, Bob Seger of Bob Carlisle is dit die site om te besoek. (Hulle het ongelukkig geen inligting oor Bob Skinstad nie...) Hulle het diskografieë, kort biografieë, links na soortgelyke kunstenaars en albums, reviews en nugter weet wat nog alles. |
||||
Linux |
|||||
![]() Debian is een van baie Linux distribusies (aka distros). Linux is 'n gratis bedryfstelsel (maw Operating System)wat mens kan gebruik ipv Windows. Dit kan van die Internet afgelaai word (as jy broadband of 'n groot telefoonbegroting het) of jy kan cd's koop by jou plaaslike rekenaarwinkel. |
![]() SUSE is 'n kommersiële Linux distro. Dit beteken dat jy nie die hele ding van die Internet kan aflaai nie. Die ouens wil darem ook 'n lewe maak. SUSE is waarskynlik meer geskik vir beginners - dit is makliker om te installeer en meer gebruikersvriendelik vir mense wat nog nie so gemaklik met rekenaars is nie. |
![]() Mandrake Mandrake is nog 'n gratis Linux distribusie en, volgens wat ek gelees het, is dit omtrent die maklikste om te installeer van al die Linux distros. Self het ek dit nog nie gebruik - Debian is my gunsteling distro - maar Mandrake het baie aanhangers. |
![]() En daar is nou ook 'n Suid-Afrikaanse Linux distro, naamlik Impi. Impi is op Debian gebaseer en kan van die Internet afgelaai word. Hulle logo is ook die niceste :) |
||
![]() Mark Keohane was die Springbokke se kommunikasie bestuurder tydens Harry Viljoen en Rudolf Straeuli se termyne as Springbok afrigter. Voor dit was hy 'n joernalis (rugbyskrywer, obviously) by die Cape Times. Hy is nie almal se koppie tee nie, maar niemand kan hom van draadsittery beskuldig nie. Dis 'n interessante site met redelike up-to-date nuus. Een ding wat in Keohane se guns tel, is dat hy 'n Stormers-ondersteuner is :) |
![]() Rugby365 is geaffilieer met Planet Rugby. Die site het inligting oor rugby wêreldwyd en mens kan gewoonlik ook live tekskommentaar oor wedstryde kry, vir die kere wanneer jy nie by die tv is nie of as jy bv. in Switserland bly waar rugby nie uitgesaai word nie... |
||||
'n Paar ander rugby sites is te kry by die Stormers se site,
WP se site (Raak asseblief van daai useless Vodacom-span ontslae. Noem hulle enige iets anders as WP! Die span is 'n embarassment.),
Superrugby wat 'n redelike saai ou site is, maar hulle het darem artikels van Gavin Rich,
Scrum-dot-com,
SA Rugby-dot-com en
SARFU se amptelike site (as ek dit nou reg verstaan) |
|||||
![]() Bal-vir-bal krieket kommentaar. As die TV nie byderhand is nie, kan jy die verloop van 'n wedstryd hier volg. Al die internasionale wedstryde word (gewoonlik) gedek en selfs die plaaslike krieket kan mens hier volg. Buiten die scorecards, is daar berigte, artikels en meer statsitiek as wat een mens kan hanteer. Baie lekker en interessante site. | |||||
![]() Tik jou frase in in Engels/Duits/Frans/Ens, kliek die regte knoppie en jy kry dit terug in Duits/Frans/Engels/ens. DIe vertaling is nie baie goed nie, maar partykeer is dit baie snaaks. |
![]() Wat is die Rand vandag werd in dollar, pond, euro, yen of Switserse frank? Hierdie site het die antwoord. |